Fishcor vra finansiële hulp

Fishcor het by die regering aangeklop vir ‘n finansiële reddingsboei aangesien hy dalk nie salarisverhogings en bonusse sal kan betaal nie. Hy blameer die beweerde Fishrot-korrupsie vir sy ernstige finsiële penarie en vrees sy werksaamhede kan lamgelê word. Van sy uitdagings is hoë regskoste terwyl hy sy kontrak met Africa Selection Fishing Namibia en Copemar in die howe beveg, wat meer as 500 000 Namibiese dollar ‘n maand beloop. Waarnemende finansbestuurder, Risto Daniel, sê Fishcor kan nie belangrike krediteure betaal nie, soos boot-instandhouers, munisipale rekeninge, brandstof vir bote en hawedienste, en vra vir dringende kort-termyn fondse.