Indië verpletter Proteas

Indië het Sondag ‘n oorweldigende oorwinning van 243 lopies oor Suid-Afrika behaal in hul Wêreldbeker-groepwedstryd in Kolkata. Virat Kohli het sy 35ste verjaardag gevier met die 49ste honderdtal van sy Eendag Internasionale loopbaan, en Sachin Tendulkar se rekord daarmee geëwenaar. Hy het ‘n onoorwonne 101 aangeteken en Indië na ‘n telling van 326 vir vyf gelei. Die Proteas is in hulle beurt binne 27,1 boulbeurte almal vir 83 uitgeboul. Albei spanne het reeds vir die halfeindronde gekwalifiseer. Suid-Afrika se kaptein Temba Bavuma sê daar is baie dinge wat hulle uit hierdie wedstryd kan leer: