Duisende betoog wêreldwyd vir Gaza
Pro-Palestynse betogers het oor die naweek opgeruk in Londen, Berlyn, Parys, Ankara, Istanboel en Washington om ‘n skietstilstand in Gaza te eis. In Londen het groot skares sit-betogings gehou wat dele van die stadskern versper het, voor hulle na Trafalgar-plein beweeg het. In Washington het duisende betogers opgeruk na Freedom Plaza naby die Withuis, met wapperende Palestynse vlae. Meer as 9 488 Palestynje is na wat berig word tot dusvêr dood in Israel se aanslag. Frankryk, waar duisende mense in Parys betoog het, sal Donderdag ‘n internasionale humanitêre konferensie oor Gaza aanbied in ‘n poging om hulpverlening aan die enklawe te koördineer.