Aandag op fosfaat ontginning onregverdig
’n Omgewingskonsultant sê Namibia Marine Phosphate se voorgestelde mynbouprojek aan die kus van Namibië het langdurige en intensiewe ondersoek in die gesig gestaar, ondanks die verskaffing aan relevante regeringsagentskappe van wetenskaplik robuuste data oor die bedryf. Jessica Bezuidenhout, ‘n konsultant sê die uitgerekte proses betrokke by die verkryging van hulle omgewingsklaringsertifikaat en besware deur verskeie belanghebbendes het die beeld van die projek skade gedoen. Sy sê spesialisstudies is in die projek onderneem en is een van die mees deeglike omgewingsstudies wat gedoen is, met die meeste studies, insluitend die verkryging van data van die ministerie van visserye, om te bevestig of daar ‘n impak sal wees of nie. Na talle besware van veral die visbedryf, het die hof in 2021 verklaar dat die maatskappy nie in besit was van ‘n geldige omgewing klaringsertifikaat is nie en dus nie geregtig was om mynaktiwiteite te onderneem nie. Die maatskappy het sedertdien aansoek gedoen vir ‘n nuwe een.