Skurke steel Stad Windhoek se plante

Die Stad Windhoek gee sy misnoë te kenne nadat al die bome en struike wat langs Onafhanklikheidslaan geplant is ter viering van die onlangse boomplantdag, uitgegrawe en gesteel is. Hy sê hierdie misdaad vind regdeur die stad plaas en belemmer sy planne om openbare ruimtes te verfraai. Sy tuin-spanne werk hard daaraan om die lewenskwaliteit van alle inwoners te verbeter, maar die aanhoudende diefstalle knou hul vooruitgang. Die stad vra dat inwoners wat sulke misdade vermoed of sien gebeur, dit dadelik aan die stadspolisie rapporteer.