Pakistan dring deur teen Nieu-Seeland

Fakhar Zaman sê Pakistan sou graag die reuse 402-lopie teiken gejaag het om Nieu-Seeland te klop voor reën in Bengaluru die lewe vir hulle makliker gemaak het in gister se Wêreldbekerstryd om oorlewing. Zaman het ‘n aggressiewe 126 lopies van 81 balle af geslaan om Pakistan se totaal te staan te bring op 200 vir een, wat hulle ‘n 21-lopie oorwinning gegee het volgens die D-L-S-metode, nadat reën die wedstryd na 25 beurte en drie balle beëindig het. Pakistan se aangepaste teiken was 342 in 41 beurte nadat Nieu-Seeland 401 vir ses aangeteken het in die Chinnaswamy-stadion.