Optrede gevra teen onwettige produkte
Die African Transformation Movement vra die buurland se regering om onmiddellik op te tree om te keer dat dodelike onwettige produkte die land infiltreer. Dit volg nadat onwettige produkte die lewens geëis het van talle kinders in verskeie provinsies, wat die Oos-Kaap en Gauteng insluit. Die ATM-woordvoerder, Zama Ntshona, meen ‘n alternatiewe, meer doeltreffende benadering is nodig om die lewens van Suid-Afrikaners te beskerm. Ntshona moedig die regering aan om sy pogings op te skerp om die mikro-ekonomie te reguleer.