Oekraïne val Russiese skeepswerf aan

Die Oekraïne het 15 kruismissiele op Rusland se skeepswerf in die Krim-hawestad Kerch gereën en een skip beskadig, sê die Russiese ministerie van verdediging, in ‘n aanval wat Moskou se aanvalsvermoë verder kan ondermyn. Dertien van die missiele is in die lug vernietig, terwyl een ‘n skip getref het, volgens die ministerie. Dit het nie die vaartuig se naam gegee nie. Oekraïne se top-lugmagbevelvoerder, Mykola Oleshchuk, sê een van die Russiese vloot se modernste skepe is daar gestasioneer. “Ek hoop nog ‘n skip het die Moskva gevolg!” , het hy in ‘n Telegram-pos gesê, met verwysing na die Russiese vloot-vlagskip wat op 14 April verlede jaar deur Oekraïense missiele gesink is.