Namibiese tonele laat kunswêreld gons

Namibiese tonele wat in skilderye vasgevang is laat die tonge klap nadat Afrika se voorste kuns-afslaers, Strauss and Co, aangekondig het dat hy, in sy woorde, drie “manjifieke Namibiese landskappe” volgende week aanlyn gaan opveil. Een van die werke is deur die Namibiese skilder Adolf Jentsch, met die titel “Landskap, Seeis, Namibia”. Dr. Alastair Meredith, verkoopshoof by Strauss, verwag dat die skildery vir tot ‘n miljoen Namibiese dollar verkoop kan word, en die reserwe-bod is 600 000 dollar.  ‘n Skildery van die Brandberg deur J-H Pierneef kan ‘n verkoopsprys van 1,2 miljoen dollar haal, en ‘n duine-landskap deur Maud Sumner kan na verwagting 80 000 dollar inbring.