Jong mense kry al meer diabetes

Die Internasionale Diabetes-federasie sê Suid-Afrika het die hoogste voorkoms van diabetes in Afrika, en die toestand vererger weens ‘n kommerwekkende toename in gevalle onder die jeug. Om die krisis aan te spreek, het Suid-Afrika se nasionale strategiese plan vir die voorkoming en beheer van nie-oordraagbare siektes die 90-60-50 teikens gestel vir die stryd teen diabetes. ‘n Dieetkundige, Palesa Maleka, sê dit is belangrik om kinders te help om beheer oor hul gesondheid te neem terwyl hulle jonk is.