Israeli families lê volksmoordklag
Die families van nege Israelse slagoffers van Oktober se aanvalle deur Hamas het ‘n volksmoordklag gebring by die Internasionale Strafhof in Den Haag. Die regverteenwoordiger van die families, Francois Zimeray, sê hulle wil Hamas ook laat vervolg vir vermeende oorlogsmisdade, en vra die hof om ‘n internasionale lasbrief uit te reik vir die inhegtenisneming van die leier, Ismail Haniyeh. Die jongste oorlog tussen Israel en Hamas is reeds die dodelikste en mees vernietigende van die vyf oorloë tussen die twee vyande vandat Hamas in 2007 beheer oorgeneem het oor die Gazastrook.