Indië is groot uitdaging: De KockNovember 5, 2023
Krieket: Die twee topspanne in vanjaar se Wêreldbeker, Indië en Suid-Afrika, kom vandag op Eden Gardens, Kolkata, vir die eerste keer in die toernooi teen mekaar te staan. Beide het reeds gekwalifiseer vir die onderskeie halfeindstryde. Indië is die enigste onoorwonne span in die kompetisie na sewe wedstryde, met Suid-Afrika tweede nadat hulle teen Nederland verloor het. Australië is derde en Nieu-Seeland vierde na agt wedstryde. Vandag se stryd tussen die Proteas en Indië begin om half-elf. Die Proteas se aanvangskolwer, Quinton de Kock, wat reeds meer as 500 lopies in die toernooi aangeteken het, sê hulle besef dis ʼn reuse uitdaging.