George Michael nou in ruk-en-rol heldesaal

Die ontslape musiekster, George Michael, word gevier onder die nuwe klas legendes wat ingehuldig word in die Rock and Roll Hall of Fame in die Barclays-sentrum in Brooklyn, New York. Ander 2023-sterre wat ingehuldig word sluit in Missy Elliott, Kate Bush, Rage Against the Machine, Elton John, Bernie Taupin, Willie Nelson, Sheryl Crow en The Spinners. Chaka Khan, Al Kooper en Bernie Taupin sal die musiek-uitnemendheid-toekenning kry. Die voorsitter van die heldesaal, John Sykes, beklemtoon vanjaar se inkomelinge bewys hoe uiteenlopend die kunstenaars en klanke is wat ruk-en-rol definieer.