‘Dis tyd vir Afrika-innovering’
Die buurland se minister van kleinsake-ontwikkeling, Stella Ndabeni-Abrahams, beklemtoon die positiewe impak van die pas-afgelope Agoa-beraad op die ontsluiting van Afrika se ekonomiese potensiaal. Die minister het tydens die Made in Africa-uitstalling by die beraad in Johannesburg haar insigte gedeel oor die deurslaggewende rol wat Agoa speel om klein-, medium- en mikro-ondernemings te steun om hul besighede uit te brei, en terselfdertyd meer werksgeleenthede te skep. Ndabeni-Abrahams sê dit is tyd dat Afrika die wêreldverhoog aangryp met sy kreatiwiteit en innoverende benaderings.