Arabiese ministers vra Gaza-skietstilstand

Die Amerikaanse buitelandse sake minister, Antony Blinken, moes ‘n toenemende vlaag woede trotseer in vergaderings met Arabiese buitelandse sake-ministers in Amman. Die Egiptiese minister Sameh Shoukry, wie se land die enigste deurgang het vir buitelanders om uit die Gazastrook te ontsnap, en vir hulp om ingeneem te word, het gevra vir ‘n “onmiddellike en omvattende skietstilstand”. Hamas sê die ontruiming van mense met dubbele burgerskap en buitelanders uit Gaza word opgeskort totdat Israel sommige gewonde Palestyne toelaat om Rafah te bereik, sodat hulle die grens kan oorsteek na hospitale in Egipte.