SA het geld vir groter toelae, sê organisasie
Oproepe neem toe dat die buurland se regering die maandelike 350 Suid-Afrikaanse rand Maatskaplike Verligting-toelaag moet verhoog. Organisasies soos Cry of the Xcluded maak ook voorspraak vir die regering om ‘n basiese inkomstetoelae van 1 500 rand in te stel. Oproepe gaan verder op dat die Maatskaplike Verligtingstoelae voortgaan ná die verlengde spertyd van Maart 2025, soos aangekonding deur die finansminister, Enoch Godongwana. Die woordvoerder van Cry of the Xcluded, Lindi Mkhumbane, sê sy glo ‘n begroting is beskikbaar vir die verhoging.