‘Oorweeg doodstraf vir kindermolestering’November 4, 2023
Die burgerlike organisasie Not In My Name SA maak voorspraak vir die doodstraf vir geslagsmisdade teen kinders. Dit volg op die vonnis van die internet tegnologie-spesialis Mario Guisti, tot 8 400 jaar vir verkragting, mensehandel en kinderpornografie in die Vrystaat. Guisti het seuns tussen die ouderdomme van agt en tien gelok met rekenaarspeletjies en hulle aangerand. Die sekretaris-generaal van die organisasie, Themba Masango, is van mening ‘n lewensvonnis is onrealisties en doodstraf moet oorweeg word in spesifieke, voor-die-hand-liggende sake.