Lüderitz-hawe volgende jaar vergroot

Die Namibiese hawe-owerheid beoog om volgende jaar met hawe-uitbreidings by Lüderitz te begin om die implementering van die land se groen waterstof-, olie- en gasontwikkelings te vergemaklik. Namport se hoof uitvoerende beampte, Andrew Kamine, verwag dat die werk tussen 24 en 36 maande sal duur, in lyn met Hyphen Hydrogen Energy se haalbaarheidstydlyn van sowat twee jaar. Die hawe is egter te klein om groot wind-turbines en sonkrag-panele in te voer. Die kaai-muur gaan met minstens 300 meter verleng word om ‘n addisionele kom te skep, wat die hawe se kapasiteit sal verhoog en ook verseker dat normale hawe-aktiwiteite kan voortgaan. Volgens Kamine het Namport reeds openbare sessies in Lüderitz afgehandel ter finalisering van die omgewingsimpakstudie.