Bokke se oorwinningsparade tref Durban
Die Springbokke besoek Durban vandag as deel van hulle Wêreldbeker-oorwinningsparade nadat hulle duisende ondersteuners in Gauteng in Kaapstad gelok het. eThekwini se burgemeester, Mxolisi Kaunda, sê maatreëls is getref om almal se veiligheid te verseker. Hy het die inwoners van die metro en die provinsie gevra om hulle te skaar agter die wêreldkampioene. Die Bokke besoek môre Oos-Londen vir die laaste skof van hulle toer, maar SA Rugby het vroeër gesê hulle hoop om volgende jaar ook ander dele van die land te besoek om hul ondersteuners te bedank.