Xinfeng boor blykbaar op hevestigingsplaas langs myn

Die landbouministerie neem stappe om die boor van watergate op hervestigingsplase deur die Chinese Xingfeng myn onmiddellik te staak. Plaaslike media berig die Chinese myner het drie gate op ‘n naburige regeringsplaas geboor sonder enige permit of toestemming om water aan sy Uis-bedrywighede te voorsien. Volgens wat berig word het die maatskappy ook begin om naby Omaruru te myn terwyl hy net eksplorasie moes doen. Xinfeng ontken die aantygings. Die landbouministerie het aan plaaslike media gesê hy sal later kommentaar lewer, na die ondersoek en nodige stappe, indien enige, voltooi is.