Selfs Yellen is teen Huis se Israel-plan gekantNovember 3, 2023

Die Verenigde State se Huis van Verteenwoordigers het ‘n Republikeinse plan goedgekeur wat 14.5 miljard Amerikaanse dollar in militêre hulp aan Israel verskaf. Die plan, wat gefinansier word deur besnoeiings aan die land se interne inkomstediens het grootliks volgens partylyne geslaag maar, daar is nie veel hoop daarvoor in die Senaat nie. Die Amerikaanse finansminister Janet Yellen het ook haar kritiek daarteen uitgespreek en sê hulp moet ook aan die Oekraïne verskaf word.