Kripto-wunderkind Bankman-Fried is skuldig
Die stigter van die nou-bankrot kripto-beurs FTX, Sam Bankman-Fried, is in New York skuldig bevind op al sewe aanklagte van aanlyn bedrog en sameswering om geld te was. Aanklaers het die 31-jarige daarvan beskuldig dat hy vir beleggers en leners gelieg het en miljarde dollar van die kripto-geldeenheid-beurs FTX gesteel het, wat tot die ineenstorting van die beurs gelei het. Die Amerikaanse prokureur, Damian Williams, sê Sam Bankman-Fried het hom skuldig gemaak aan een van die grootste finansiële bedrog-oortredings in die Amerikaanse geskiedenis, naamlik die multimiljard-dollar-skema wat ontwerp is om hom die koning van kripto te maak: