Gaza-oorlog het sy piek bereik – Bibi
Die Israeliese eerste minister Benjamin Netanyahu sê gevegte in Gaza is op ‘n hoogtepunt. Israel het die gebied met lugaanvalle gebombardeer sedert Hamas meer as 1 400 mense in Israel doodgemaak en meer as 200 ander ontvoer het. Die Hamas-beheerde ministerie van Gesondheid in Gaza sê meer as 9 000 mense is sedert die sewende van verlede maand in die gebied dood. Netanyahu sê hulle het indrukwekkende suksesse behaal en is nou verby die buitewyke van Gazastad. Hy het bygevoeg dat niks hulle sal keer nie en hulle sal vorder en wen.