DA verwyder Cachalia oor sy ondersteuning vir PalestinaNovember 3, 2023
Die DA het Ghaleb Cachalia uit sy skadukabinet gehaal omdat hy nie by die party se standpunt oor die Israel-Palestynse konflik gehou het nie. Hy het op sosiale media gesê hy sal nie stilbly dat Israel volksmoord pleeg nie. Die DA-leier John Steenhuisen sê tydens ʼn nasionale koukus verlede maand het hulle die party se posisie ten gunste van ʼn tweestaat-oplossing volgens die Verenigde Nasies se veiligheidsraad-resolusies bevestig. Hy sê Cachalia het ʼn amptelike besluit van die party se koukus verontagsaam. Mimmy Gondwe het hom vervang as die party se woordvoerder vir Openbare Ondernemings.