Wêreldbeker 2024: Saoedi sal sokker skouspel aanbied

Saoedi-Arabië sal waarskynlik die gasheer wees vir die Wêreldbeker in 2034 nadat geen ander land belanggestel het nie. Australië sou waarskynlik bie, maar het slegs enkele ure voor die beheerliggaam, Fifa, se spertyd kopuitgetrek. Volgens Australië is die besluit geneem met inagneming van alle faktore. Die land sal nou eerder bie om die Asië-beker vir Vroue in 2026 en die Wêreldbeker vir Klubs in 2029 aan te bied. Fifa het vroeër bekendgemaak die toernooi in 2034 sal in Asië of Oseanië plaasvind en 2026 in Amerika, Mexiko en Kanada met 2030 in Marokko, Portugal en Spanje, met wedstryde ook in Suid-Amerika.