Voeëlgriep en 103 leë poste by landbou…

Die DA sê die landboudepartement het te kampe met ‘n 32 persent vakaturekoers in goedgekeurde en begrote veeartsenykundige poste, wat 103 ongevulde poste beloop. Die party vrees met die voortslepende voëlgriep-uitbrekings en konynbloedingsiekte, verkeer voedselsekerheid in gevaar. Die DA-lid, Noko Masipa, dring aan op ‘n geteikende provinsiale rampingryping, wat openbare en privaat veeartsenykundige vermoë saamvoeg, om die verspreiding van hierdie siektes te bekamp en voedselsekuriteit te beskerm: