Verbod op XL Boeliehonde in Brittanje
Die Britse regering het aangekondig die sogenaamde XL Boeliehonde sal vanaf die einde van die jaar op die lys van verbode diere in Engeland en Wallis wees ná ‘n vlaag aanvalle. Dit sal daarna onwettig wees om met die Amerikaanse kruising te teel, hulle te verkoop, te adverteer, te hervestig, agter te laat of toe te laat om af te dwaal. Die honde sal ‘n muilband in die openbaar moet dra en aan ‘n leiband moet wees, terwyl dit vanaf 1 Februarie onwettig sal wees om hulle te besit, tensy eienaars aansoek doen om vrystelling. Vergoeding sal aan eienaars verskaf word wat hul honde laat uitsit.