Shikongo waarsku sy streekshoofde

Die inspekteur-generaal van die Namibiese polisie het sy streekshoofde gewaarsku en sê hulle rang van kommissaris kan verwyder word indien hulle aanhou om te onder-presteer. Volgens hom, is talle van sy streeks kommissarisse ondoeltreffend, nie sigbaar in hul streke nie en onaktief. Hy voeg by dat in beide die Karas- en Kavango Wes-streke is daar personeeltekorte wat die hoofde eenvoudig nie aanspreek nie. Karas sê hy moet 2 011 lede hê maar, daar is net 500, dieselfde met Kavango Wes. Hy bevraagteken hoe misdaad so bekamp kan word. Beamptes wat by padblokkades slaap of op hul selfone sit, dryf hom ook teen die mure uit.