SAOG staatshoofde vergader die naweek in Angola
Die virtuele buitengewone beraad van die staatshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap wat hierdie week byeengeroep is, is ‘n voorloper van ‘n in-persoon vergadering wat Saterdag vir Luanda in Angola beplan is. Daardie vergadering sal die veiligheidsituasie in die streek breedvoerig bespreek. Tydens die virtuele beraad het SAOG-voorsitter, Angolese president João Lourenço, Zimbabwe en Eswatini gelukgewens met hul vreedsame verkiesings en bygevoeg dat hy uitsien om die blok se staatshoofde die naweek te verwelkom