Namibië se skuldvlakke is bestendig sê ekonoom

Die finansminister het sy kommer oor die hoë koste van skuld tydens die oorsig van die middeltermyn begroting uitgespreek. Hy sê die kostes is met 1,7 miljard Namibiese dollar opgestoot na 11,8 miljard dollar en betalings op die skuld oorskry besteding op gesondheid en maatskaplike beskerming. Kosmos 94.1 Nuus het met die Suid-Afrikaanse ekonoom Theo Klein, van Oxford Economics Africa, gepraat wat sê die koste is hoog, maar steeds maklik betaalbaar.