Houthi’s val Israel aan, VSA stuur nog soldate na Midde-Ooste
Alle oë is op die Midde-Ooste met die nuus dat Jemen se Houthi-milisie gepoog om ‘n aanval te loods in suide van Israel. Die aanval is deur Israel se verdedigingstelsels afgeweer. Iran befonds die Houthi’s wat volgens Amerikaanse media gesê het dat hulle reageer op brutale Israelies-Amerikaanse aggressie in Gaza. Dit is ook blykbaar die derde aanval te ondersteuning van die Palestyne. Intussen het die Pentagon bevestig dat ‘n verdere 300 Amerikaanse troepe na die gebied ontplooi is. Die koördineerder van die Withuis se sekerheidsraad, John Kirby sê Amerika sal doen wat hy moet doen om sy belange te beskerm.