Gebaretaal moet verpligtend in skole wees
Bernadette Jagger, die maatskaplike welsyn adjunkminister, het in die Nasionale Vergadering voorgestel dat gebaretaal ‘n verpligte vak in skole moet word. Sy verduidelik dit sal bydra tot duidelike kommunikasie tussen dowe en horende kinders, en sal vir beide groepe tot voordeel strek. Sy het herhaal dat almal ewe belangrik is voor die hoogste wet.