Enoch se begroting moet realisties wees – kenner
Gegewe die bykomende uitdagings wat die nasionale staatskas en die ekonomie in die gesig staar, moet die mediumtermyn-begroting realisties en deeglik wees. Dit is die mening van professor Raymond Parsons van die Noordwes-universiteit se sakeskool. Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer vanmiddag sy begrotingsrede. Nasionale Tesourie het vroeër vanjaar gewaarsku moeilike besluite sal in die mediumtermyn-begroting geneem moet word weens ʼn verwagte tekort van 100 miljard Suid-Afrikaanse rand. Parsons sê indien regstellende stappe nie geneem word nie, wag nog ʼn fiskale afgrond op Suid-Afrika: