Amushelelo begin weer, maar sê hy is nie bang nie

Die berugte aktivis Michael Amushelelo was glo weer doenig met werkers van Avic International, dieselfde maatskappy met wie hy verlede jaar in ‘n stryd gewikkel was oor belasting-geld. Hy het op sy Facebook-blad gesê die werkers het hom ontbied. Volgens hom word die werkers deur Chinese en die korrupte Namibiese regering uitgebuit maar, hy sê hy sal altyd daar wees om hul regte en die van behoeftiges te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus het met Amushelelo gepraat oor opmerkings dat hy vra om weer in hegtenis geneem te word. Hy sê hy is vir niks en niemand bang nie, en doen bloot wat hy die beste doen.