Regering ‘kan niks doen’ aan Beukes-skorsing

Die skorsing van Johnathan Beukes, die besturende redakteur van New Era, is steeds nie opgelos nie. Die minister van informasie, Peya Mushelenga, het in die Nasionale Vergadering vrae deur die PDM-partylid Maximalliant Katjimune geantwoord oor wat die regering daaromtrent doen. Mushelenga het volstaan met die regering verseker persvryheid en die raad van New Era is onafhanlik van die ministerie, dus kan hulle niks daaraan doen nie.