Waterverbruik by hoenderplase in die nuus

Terwyl daar groot opgewondenheid heers oor die moontlike vestiging van ‘n nuwe hoenderplaas naby Okahandja is daar ook kommer. Werkskepping en voedselvoorsiening is uiters belangrik vir Namibië maar, hoenderboerdery benut baie water en daar is reeds druk op die bronne in die drie sentrale damme wat in die nabye toekoms nie meer sal kan voldoen aan vraag nie – veral met wisselende reënval en Windhoek se uitbreiding. Intensiewe hoenderboerdery benut 4 300 kubieke meter water per ton geproduseer.. Kosmos 94.1 Nuus het met Ian Collard, die uitvoerende hoof van die NMI-groep gesels oor hulle pogings by Namib Poultry Industries om deur die droogte te kom.