Verbruikersbeskerming onder die loep

Die handelsministerie is in die proses om Verbruikersbeskermingswetgewing te ontwikkel om verbruikers te beskerm teen onregverdige en bedrieglike sakepraktyke. In alliansie met die Verenigde State se Federale Handelskommissie word ‘n werkswinkel aangebied onder die tema ‘Verbruikersbeskerming en E-handel’ van 1 tot 3 November in die hoofstad. Kosmos 94.1 het gesels met Elijah Mukobonda, woordvoerder van die ministerie.