Uutoni moet uitdagings by plaaslike owerhede aanspreek
Misverstande en voortdurende binnegevegte belemmer steeds dienslewering in die Okahandja-munisipaliteit. In die afgelope weke en maande het die inwoners van die dorp aanhou betoog vir grondtoelaes. Die jongste nuus is dat die munisipaliteit deur die skuldinvorderaars Red Force eis dat inwoners hul uitstaande waterrekeninge betaal. Plaaslike aktivis Sydney Gariseb het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dit is onmoontlik vir die inwoners om hul rekeninge te betaal sonder werksgeleenthede in die dorp en hulle wil hê die Stedelike Ontwikkeling-minister, Erastus Uutoni, moet die probleme met die hoof uitvoerende beampte uitstryk. Kosmos 94.1 Nuus het by Uutoni uitgevind wanneer hy die voortslepende probleme van die plaaslike owerhede sal aanspreek.