Toekennings van miljoene vir kos vir staatspasiënte laat vrae ontstaan
Die Sentrale Vekrygingsraad het die toekenning van tenders vir voedselvoorsiening vir staatspasiënte bekend gemaak. Die syfers is verstommend met die Khomas-streek se waarde wat op net meer as 159 miljoen Namibiese dollar beraam word. Karas, Hardap en Omaheke is saam, op net minder as 40 miljoen dollar toegeken. Erongo staan alleen op 27,6 miljoen dollar en so ook Otjozondjupa wat amper 35 miljoen dollar kos. Daar is een of twee van die maatskappye wat werklik in voedselvoorsiening is met die res, ‘Trading’ en ‘Investment’ maatskappy. Sommige het voorheen die nuus gehaal oor tenders en ander spesialiseer in konstruksie. Net een het ‘n webtuiste.