Salwingpastoor wat blykbaar volgelinge betas, verskyn weer
Die Swakop-pastoor wat van onsedelike aanranding aangekla is, sal weer vandag terugkeer hof toe. Die 34-jarige Felix Kandjimi van die Christ Centre Ministry Church in Mondesa het volgens die polisie twee van sy bediening se vroulike lede, 31 en 37 jaar, met salwingswater betas. Die polisie sê die vroue se borste, heupe en privaatdele is daarmee ingevryf, onder die voorwendsel dat hy hulle genees en seën. Hulle het die klagtes by die polisie gemaak. Hy het op 11 September sy eerste verskyning gemaak. en die saak is tot vandag toe uitgestel vir verdere ondersoek. Kandjimi is in die Swakopmund-landdroshof vrygelaat op borg van 2 000 Namibiese dollar.