SA-skole moet kyk na opvoeding oor seksuele oriëntering

Die DA in Gauteng het ‘n pleidooi tot die provinsiale Departement van Onderwys gerig om onderwysers en leerlinge oor seksuele oriëntering op te voed om toe te sien dat niemand diskriminasie ervaar of geboelie word weens sy of haar seksuele oriëntering nie. Dit volg ná die dood van Sibusiso Mbatha, ‘n graad ses leerling van Ekurhuleni. Hy het sy eie lewe geneem nadat hy na bewering geboelie is omdat hy gay is. Khume Ramalifho van die DA sê onderwysers en leerlinge moet die waardes en beginsels nakom om mekaar te respekteer: