SA kan handjie bysit met Afrika se voedselkrisisOctober 31, 2023

Die Sentrum vir Risiko-ontleding sê Suid-Afrika beskik oor die potensiaal om aandag te skenk aan voedselsekerheidskwessies in Afrika Suid van die Sahara. Dit volg na aanleiding van waarskuwings van die Hongersnood-vroeë-waarskuwingstelsel-netwerk oor die behoefte aan voedselhulp in Suider-Afrika as gevolg van ondergemiddelde oesopbrengste en verhoogde mieliepryse tussen Oktober en Maart. Die sentrum se woordvoerder, Chris Hattingh, stel voor Suid-Afrika, wat die voedselveiligste land op die vasteland is, kan bydra deur die beweging van goedere en dienste oor streeksgrense te bevorder: