Regering bestee mildelik aan sport: Shiimi
Die regering onderbestee nie op sport nie. Dit is die standpunt van die finansminister Ipumbu Shiimi. Hy het in sy middeltermyn begroting melding gemaak van die miljoene wat in die afgelope jare bestee is en ook die begroting vir die twee komende boekjare gegee. Hy sê die swak toestand van die land se sportstadions is nie te wyte aan onderbesteding nie, maar eerder stadige uitvoering van werk.