NamRA-amnestie – jy het nog ‘n jaarOctober 31, 2023
Die Namibiese Inkomste-agentskap se belasting amnestie program is nog steeds van krag. Die program het op 1 April vanjaar afgeskop en gee belastingbetalers ‘n kans om uitstaande belasting voor 31 Oktober volgende jaar te vereffen, of hulle sal swaar boetes en rente op skuld opgelê word. Volgens berigte beloop die agterstallige skuld meer as 69 miljard Namibiese dollar, met die hersiene belasting amnestie program wat na raming altesaam 53 miljard dollar sal afskryf. NamRA se hoof van strategiese kommunikasie, Steven Ndorokaze, het Namibiërs aan die amnestie herinner toe hy met Kosmos 94.1 Nuus gepraat het.