Mulunga se verhoor vind die week plaas
Plaaslike media berig dat die beleërde geskorste besturende direkteur van Namcor, Immanuel Mulunga, die week in sy dissiplinêre verhoor sal verskyn. Volgens die Engelse dagblad, The Namibian, word daar verwag dat hy antwoorde sal moet verskag. Mulunga is in April geskors na die oorbetaling van 100 miljoen Namibiese dollar vir Namcor om aandele in ‘n olieput van Sonangol in Angola te bekom. Die maatskappy wou volgens berigte geen kommentaar lewer nie en sê die prosesse is konfidensieel.