Ministerie weet van Eengodi waternood

Die Eengodi-kiesafdelingsraadslid, Protasius Neshuku, sê inwoners is in ‘n stryd gewikkel om water te kry. Hy sê die gebied bestaan uit 61 dorpe met sowat 71 tot 105 huishoudings, wat waternood ervaar. Die huishoudings word gedwing om in die veld waar daar water is, te slaap by hulle diere. Die tradisionele putte se water is brak en vuil en ook nie veilig vir menslike gebruik nie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jona Musheko, die landbou-ministerie se woordvoerder, gepraat wat sê hulle is bewus van die situasie en hulle werk hard om die kwessies reg te stel.