Messi vat 8ste Ballon d’Or
Argentinië en Inter Miami se voorspeler, Lionel Messi, het die mans se Ballon d’Or vir ‘n rekord agste keer ingepalm nadat hy sy land verlede jaar gehelp het om die Wêreldbeker te wen. Spanje en Barcelona se middelveldspeler, Aitana Bonmati, het die Ballon d’Or vir vroue vir die eerste keer gewen. Real Madrid se middelveldspeler, Jude Bellingham, ontvang die Kopa-trofee as die wêreld se beste speler onder 21. Manchester City se doelskopper, Erling Haaland, het die Gerd Muller-trofee gekry vir sy rekordgetal doele in die laaste seisoen. Aston Villa se doelwagter, Emiliano Martinez, spog met die Yashin-trofee as die wêreld se beste doelwagter.