Gee geld vir dienslewering, nie ondernemings

Die Wes-Kaapse regering doen ‘n beroep op die minister van Finansies, Enoch Godongwana, om ‘n duidelike boodskap te stuur dat onderpresterende ondernemings in staatsbesit nie bykomende finansiering sal ontvang nie. Hulle vra voor môre se mediumtermyn-begrotingsbeleidsverklaring vir ‘n duidelike prioritisering van dienslewering bo volgehoue ​​finansiële ondersteuning aan sukkelende ondernemings. Premier Alan Winde sê die fokus moet wees om noodsaaklike dienste te beskerm, insluitende skole en hospitale, terwyl besnoeiings op provinsiale befondsing voorkom word wat dienslewering kan benadeel.