DA tevrede met Rensburg se aanstelling by Unisa

Die DA het die aanstelling van professor Ihron Rensburg as Unisa se administrateur verwelkom. Die DA se woordvoerder vir Hoër Onderwys, Wetenskap en Innovering, Chantel King, sê dit is tyd dat bestuurs- en administratiewe uitdagings by die universiteit uitgesorteer word. Dit volg ná ‘n onafhanklike verslag deur Themba Mosia om die vlak van bestuurs-onbestendigheid uit te lig, wat afknouery, intimidasie en vrees veroorsaak het. King vra ook hoëronderwys-instellings moet onderwerp word aan die Wet op Openbare Finansiële Bestuur vir aanspreeklikheid en deursigtigheid: