COP28 kom in fokus
Die Verenigde Nasies se klimaatsveranderingkonferensie of COP28, gaan vanjaar fokus op besprekings oor teikens vir hernubare energie en finansiële hervorming wat nodig is om wêreldwye klimaatsoptrede te versnel. Die afvaardiging wil maniere vind om hernubare vermoë teen 2030 te verdriedubbel tot meer as 11 000 gigawatt. Omgewingsaktiviste beklemtoon die behoefte vir aansienlike verhoging in finansiële hervorming, veral vir die Globale Suide. Die Internasionale Energie-agentskap beraam sowat 35 triljoen Namibiese dollar sal teen 2030 jaarliks nodig wees vir belegging in die Globale Suide, wat China uitsluit.